✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Genesis 13

13:1
So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.
13:2
En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.
13:3
En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,
13:4
na die plek van die altaar wat hy vroeΓ«r daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
13:5
En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.
13:6
En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.
13:7
En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaβ€žniete en Feresiete destyds in die land gewoon.
13:8
Toe sΓͺ Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.
13:9
LΓͺ die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
13:10
Toe slaan Lot sy oΓ« op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
13:11
En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.
13:12
Abram het bly woon in die land Kanaβ€žn, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
13:13
En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.
13:14
En die HERE sΓͺ vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oΓ« op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;
13:15
want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
13:16
En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
13:17
Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
13:18
Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Genesis

Hoofstukke: 50

Verse in hierdie hoofstuk: 18


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"