✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Genesis 22

22:1
N hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesΓͺ: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
22:2
Toe sΓͺ Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land MorΒ‘a en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
22:3
Daarop het Abraham die mΓ΄re vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir 'n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.
22:4
Op die derde dag toe slaan Abraham sy oΓ« op en sien die plek van ver af.
22:5
En Abraham sΓͺ aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
22:6
En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.
22:7
Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sΓͺ: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sΓͺ: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?
22:8
En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
22:9
Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelΓͺ; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
22:10
Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.
22:11
Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesΓͺ: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
22:12
En Hy sΓͺ: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
22:13
En toe Abraham sy oΓ« opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
22:14
En Abraham het die plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesΓͺ word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
22:15
Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af
22:16
en sΓͺ: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
22:17
dat Ek jou ryklik sal seΓ«n en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
22:18
En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseΓ«n word, omdat jy na my stem geluister het.
22:19
En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Bers,ba gegaan. En Abraham het in Bers,ba bly woon.
22:20
N hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesΓͺ: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
22:21
Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en K,muel, die vader van Aram,
22:22
ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en B,tuel.
22:24
En sy byvrou met die naam van Rema, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en M Γ€ga gebaar.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Genesis

Hoofstukke: 50

Verse in hierdie hoofstuk: 23


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"