โœ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

๐Ÿ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

๐Ÿ“– Genesis 36

36:1
En dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
36:2
Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaโ€žn: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholib ma, die dogter van Ana, die dogter van Sยกbeon, die Hewiet;
36:3
en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van N,bajot.
36:4
En Ada het vir Esau gebaar ร‚ยlifas, en Basmat het gebaar R,huel.
36:5
En Oholib ma het gebaar Jehus en J elam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaโ€žn.
36:6
Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaโ€žn verwerf het, en hy trek na 'n land, w,g van sy broer Jakob af;
36:7
want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweรซ hulle vee nie.
36:8
En Esau het gaan woon in die gebergte Seโ€นr. Esau, dit is Edom.
36:9
Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seโ€นr.
36:10
Dit is die name van die seuns van Esau: ร‚ยlifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; R,huel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
36:11
En die seuns van ร‚ยlifas was: Teman, Omar, Sefo en G etam en Kenas.
36:12
En Timna was 'n byvrou van ร‚ยlifas, die seun van Esau; en sy het vir ร‚ยlifas gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
36:13
En dit is die seuns van R,huel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
36:14
En dit was die seuns van Oholib ma, die dogter van Ana, die dogter van Sยกbeon, die vrou van Esau -- sy het vir Esau gebaar Jehus en J elam en Korag.
36:15
Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van ร‚ยlifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
36:16
die stamhoof Korag, die stamhoof G etam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van ร‚ยlifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.
36:17
En dit is die seuns van R,huel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van R,huel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
36:18
En dit is die seuns van Oholib ma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof J elam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholib ma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
36:19
Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
36:20
Dit is die seuns van Seโ€นr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Sยกbeon en Ana
36:21
en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seโ€นr in die land Edom.
36:22
En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.
36:23
En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Man hat en Ebal, Sefo en Onam.
36:24
En dit is die seuns van Sยกbeon: Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Sยกbeon opgepas het.
36:25
En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholib ma was die dogter van Ana.
36:26
En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
36:27
Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saโ€žwan en Akan.
36:28
Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
36:29
Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Sยกbeon, die stamhoof Ana,
36:30
die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seโ€นr.
36:31
En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel:
36:32
Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinh ba.
36:33
En n die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
36:34
En n die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.
36:35
En n die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mยกdianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
36:36
En n die dood van Hadad het Samla van M sreka in sy plek geregeer.
36:37
En n die dood van Samla het Saul van R,hobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.
36:38
En n die dood van Saul het Baโ€žl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
36:39
En n die dood van Baโ€žl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehet beรซl, die dogter van Matred, die dogter van M,sahab.
36:40
Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet.
36:41
die stamhoof Oholib ma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,
36:42
die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,
36:43
die stamhoof M gdiรซl, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

๐Ÿ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Genesis

Hoofstukke: 50

Verse in hierdie hoofstuk: 43


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

๐Ÿ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

๐Ÿท๏ธ

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"