Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sΓͺ: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;
44:2
en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.
44:3
Toe dit die mΓ΄re lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.
44:4
Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sΓͺ: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?
44:5
Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.
44:6
En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel.
44:7
Toe sΓͺ hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.
44:8
Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaβn aan u teruggebring hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?
44:9
Di, een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.
44:10
Toe sΓͺ hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesΓͺ het. Di, een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar julle sal vry wees.
44:11
Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.
44:12
En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.
44:13
Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.
44:14
En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.
44:15
Daarop sΓͺ Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?
44:16
En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sΓͺ? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.
44:17
Maar hy sΓͺ: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, die sal my slaaf wees. Maar trek julle in vrede op na julle vader.
44:18
Toe kom Juda nader na hom en sΓͺ: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.
44:19
My heer het sy dienaars gevra en gesΓͺ: Het julle 'n vader of broer?
44:20
En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.
44:21
Toe het u aan u dienaars gesΓͺ: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.
44:22
En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.
44:23
Daarop het u aan u dienaars gesΓͺ: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.
44:24
En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,
44:25
het ons vader gesΓͺ: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel.
44:26
Maar ons het gesΓͺ: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.
44:27
En u dienaar, my vader, het aan ons gesΓͺ: Julle weet dat my vrou vir my twee gebaar het --
44:28
die een het van my af weggegaan, en ek het gesΓͺ: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.
44:29
As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom 'n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.
44:30
As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie -- terwyl sy siel innig aan hom verkleef is --
44:31
sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.
44:32
Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesΓͺ het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.
44:33
Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.
44:34
Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!
π Bybelstatistieke
Totale Boeke: 65
Huidige Boek: Genesis
Hoofstukke: 50
Verse in hierdie hoofstuk: 34
1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.