โœ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

๐Ÿ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

๐Ÿ“– Luke 13

13:1
En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galil,รซrs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
13:2
En Jesus antwoord en sรช vir hulle: Dink julle dat hierdie Galil,รซrs groter sondaars was as al die Galil,รซrs, omdat hulle sulke dinge gely het?
13:3
Nee, sรช Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
13:4
Of daardie agttien op wie die toring van Siloam geval en hulle gedood het -- dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
13:5
Nee, sรช Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
13:6
En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
13:7
Toe sรช hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
13:8
Maar hy antwoord en sรช vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
13:9
As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
13:10
En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.
13:11
En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
13:12
En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sรช: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.
13:13
En Hy het haar die hande opgelรช, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.
13:14
Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sรช vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op die dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.
13:15
Toe antwoord die Here hom en sรช: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
13:16
Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan -- dink daaraan! -- agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
13:17
En toe Hy dit sรช, het al sy teรซstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.
13:18
En Hy het gesรช: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?
13:19
Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voรซls van die hemel het nes gemaak in sy takke.
13:20
En weer het Hy gesรช: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?
13:21
Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
13:22
En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.
13:23
Toe sรช iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
13:24
Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sรช Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
13:25
Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sรช: Here, Here, maak vir ons oop -- sal Hy antwoord en vir julle sรช: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
13:26
Dan sal julle begin sรช: Ons het in u teenwoordigheid geรซet en gedrink, en U het op ons strate geleer.
13:27
En Hy sal sรช: Ek sรช vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
13:28
Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
13:29
En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.
13:30
En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.
13:31
En op dieselfde dag het sommige van die Fariseรซrs na Hom gekom en vir Hom gesรช: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.
13:32
En Hy het vir hulle gesรช: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en mรดre , en op die derde dag is Ek klaar.
13:33
Maar Ek moet vandag en mรดre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
13:34
Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.
13:35
Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sรช vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sรช: Geseรซnd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

๐Ÿ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Luke

Hoofstukke: 24

Verse in hierdie hoofstuk: 35


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

๐Ÿ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

๐Ÿท๏ธ

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"