En daar was 'n man met die naam van Sagg,ΓΒs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man.
19:3
En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweΓ« die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.
19:4
En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.
19:5
En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sΓͺ vir hom: Sagg,ΓΒs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.
19:6
Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.
19:7
En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesΓͺ: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.
19:8
Maar Sagg,ΓΒs het gaan staan en aan die Here gesΓͺ: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.
19:9
Toe sΓͺ Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is.
19:10
Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
19:11
En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.
19:12
Hy het dan gesΓͺ: 'n Man van hoΓ« geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom.
19:13
En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sΓͺ vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.
19:14
Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sΓͺ: Ons wil nie hΓͺ dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.
19:15
En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sΓͺ hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.
19:16
En die eerste het verskyn en gesΓͺ: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.
19:17
En hy sΓͺ vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hΓͺ oor tien stede.
19:18
En die tweede kom en sΓͺ: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.
19:19
En hy sΓͺ ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.
19:20
En 'n ander een kom en sΓͺ: Meneer, hier is u pond wat ek in 'n doek weggesit het;
19:21
want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.
19:22
Toe sΓͺ hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek 'n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.
19:23
Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.
19:24
En aan die wat daarby staan, sΓͺ hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het --
19:25
en hulle sΓͺ vir hom: Meneer, hy het tien ponde
19:26
want ek sΓͺ vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.
19:27
Maar daardie vyande van my wat nie wou hΓͺ dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.
19:28
En toe Hy dit gesΓͺ het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.
19:29
En toe Hy naby B,tfag, en Bet niΓ« kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur
19:30
en gesΓͺ: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.
19:31
En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? -- moet julle so vir hom sΓͺ: Die Here het hom nodig.
19:32
En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesΓͺ het.
19:33
En terwyl hulle die vul losmaak, sΓͺ die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?
19:34
En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.
19:35
Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lΓͺ hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit.
19:36
En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad.
19:37
En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,
19:38
terwyl hulle sΓͺ: GeseΓ«nd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
19:39
En sommige van die FariseΓ«rs uit die skare sΓͺ vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!
19:40
En Hy antwoord en sΓͺ vir hulle: Ek sΓͺ vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.
19:41
En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween
19:42
en gesΓͺ: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oΓ« bedek.
19:43
Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.
19:44
En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.
19:45
En toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.
19:46
En Hy sΓͺ vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is 'n huis van gebed. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
19:47
En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;
19:48
en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister.
π Bybelstatistieke
Totale Boeke: 65
Huidige Boek: Luke
Hoofstukke: 24
Verse in hierdie hoofstuk: 48
1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.