En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wΓͺreld ingeskryf moes word.
2:2
Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cir,nius goewerneur van SΒ‘riΓ« was.
2:3
En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
2:4
En Josef het ook opgegaan van Galil,a, uit die stad N saret, na Jud,a, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
2:5
om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
2:6
En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
2:7
en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelΓͺ, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
2:8
En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
2:9
En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
2:10
En die engel sΓͺ vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
2:11
dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
2:12
En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lΓͺ.
2:13
En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leΓ«rskare wat God prys en sΓͺ:
2:14
Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
2:15
En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sΓͺ die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
2:16
En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lΓͺ.
2:17
En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.
2:18
En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
2:19
maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
2:20
En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesΓͺ is.
2:21
En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.
2:22
En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,
2:23
soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
2:24
en om die offer te gee volgens wat gesΓͺ is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
2:25
En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van SΒ‘meon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.
2:26
En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
2:27
En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
2:28
het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesΓͺ:
2:29
Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,
2:30
omdat my oΓ« u heil gesien het,
2:31
wat U berei het voor die oΓ« van al die volke --
2:32
'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
2:33
En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesΓͺ is.
2:34
En SΒ‘meon het hulle geseΓ«nen aan Maria, sy moeder, gesΓͺ: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word --
2:35
ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan -- sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
2:36
En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van F nuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
2:37
en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
2:38
En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.
2:39
En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galil,a, na hulle stad N saret.
2:40
En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.
2:41
En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.
2:42
En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
2:43
En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
2:44
Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
2:45
En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
2:46
En n drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
2:47
En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
2:48
En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sΓͺ vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.
2:49
En Hy sΓͺ vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?
2:50
En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesΓͺ het, nie verstaan nie.
2:51
En Hy het saam met hulle gegaan en in N saret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
2:52
En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
π Bybelstatistieke
Totale Boeke: 65
Huidige Boek: Luke
Hoofstukke: 24
Verse in hierdie hoofstuk: 52
1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.