✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Luke 5

5:1
En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Genn,saret staan
5:2
en sien twee skuite aan die kant van die meer lΓͺ; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.
5:3
Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om 'n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.
5:4
En toe Hy ophou met spreek, sΓͺ Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.
5:5
En Simon antwoord en sΓͺ vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.
5:6
En toe hulle dit gedoen het, het hulle 'n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.
5:7
Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.
5:8
En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieΓ« van Jesus en sΓͺ: Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!
5:9
Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;
5:10
en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebed,s, wat Simon se maats was. En Jesus sΓͺ vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.
5:11
En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.
5:12
En terwyl Hy in een van die stede was, kom daar 'n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sΓͺ: Here, as U wil, kan U my reinig.
5:13
Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sΓͺ: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.
5:14
Toe gee Hy hom bevel om dit aan niemand te vertel nie; maar, sΓͺ Hy, gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot 'n getuienis.
5:15
Maar die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.
5:16
Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
5:17
En op een van die dae was Hy besig om te leer; en FariseΓ«rs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galil,a en Judia en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.
5:18
En daar het manne 'n mens wat verlam was, op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.
5:19
En toe hulle vanweΓ« die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus.
5:20
En toe Hy hulle geloof sien, sΓͺ Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.
5:21
En die skrifgeleerdes en die FariseΓ«rs het begin redeneer en sΓͺ: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?
5:22
Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sΓͺ vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?
5:23
Wat is makliker, om te sΓͺ: Jou sondes is jou vergewe; of om te sΓͺ: Staan op en loop?
5:24
Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe sΓͺ Hy vir die verlamde man: Ek sΓͺ vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
5:25
Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelΓͺ het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.
5:26
En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesΓͺ: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien.
5:27
En n hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesΓͺ: Volg My.
5:28
En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.
5:29
En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.
5:30
En hulle skrifgeleerdes en die FariseΓ«rs het by sy dissipels gemurmureer en gesΓͺ: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?
5:31
En Jesus antwoord en sΓͺ vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
5:32
Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
5:33
Toe sΓͺ hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook die van die FariseΓ«rs; maar u dissipels eet en drink?
5:34
En Hy sΓͺ vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?
5:35
Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.
5:36
En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.
5:37
En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.
5:38
Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.
5:39
En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hΓͺ nie; want hy sΓͺ: Die oue is beter.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Luke

Hoofstukke: 24

Verse in hierdie hoofstuk: 39


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"