โœ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

๐Ÿ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

๐Ÿ“– Luke 7

7:1
En nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beรซindig het, het Hy in Kap,rnaร‚ยm ingegaan.
7:2
En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelรช.
7:3
Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
7:4
En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesรช: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;
7:5
want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.
7:6
En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sรช: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
7:7
Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sรช dit maar met 'n woord, en my kneg sal gesond word.
7:8
Want ek is ook 'n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sรช ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.
7:9
Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sรช vir die skare wat Hom volg: Ek sรช vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie.
7:10
En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.
7:11
En die dag daarna was Hy op weg na 'n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en 'n groot menigte het saam met Hom gegaan.
7:12
En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net 'n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee; en 'n groot menigte van die stad was by haar.
7:13
En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesรช: Moenie ween nie!
7:14
En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sรช: Jongman, Ek sรช vir jou, staan op!
7:15
En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.
7:16
En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sรช: 'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek.
7:17
En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Jud,a en in die hele omtrek.
7:18
En die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring.
7:19
En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesรช: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?
7:20
En toe die manne by Hom kom, sรช hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesรช: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?
7:21
En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.
7:22
En Jesus antwoord en sรช vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.
7:23
En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
7:24
En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sรช: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?
7:25
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.
7:26
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sรช vir julle, nog baie meer as 'n profeet!
7:27
Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.
7:28
Want Ek sรช vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.
7:29
En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.
7:30
Maar die Fariseรซrs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.
7:31
Toe sรช die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?
7:32
Hulle is net soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sรช: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie.
7:33
Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geรซet of wyn gedrink nie, en julle sรช: Hy het 'n duiwel.
7:34
Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sรช: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars.
7:35
Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders.
7:36
En een van die Fariseรซrs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseรซr gekom en aan tafel gegaan.
7:37
En toe 'n vrou in die stad, wat 'n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseรซr se huis aan tafel was, het sy 'n albaste fles met salf gebring
7:38
en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.
7:39
Toe die Fariseรซr wat Hom genooi het, dit sien, sรช hy by homself: Hy, as Hy 'n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is 'n sondares.
7:40
En Jesus antwoord en sรช vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sรช. En hy antwoord: Meester, spreek.
7:41
Hy sรช toe: 'n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig;
7:42
en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sรช nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhรช?
7:43
En Simon antwoord en sรช: Ek veronderstel die een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.
7:44
Daarop draai Hy om na die vrou en sรช vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom -- water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog.
7:45
'n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
7:46
Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf.
7:47
Daarom sรช Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.
7:48
En Hy sรช vir haar: Jou sondes is vergewe.
7:49
Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sรช: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?
7:50
En Hy sรช vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

๐Ÿ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Luke

Hoofstukke: 24

Verse in hierdie hoofstuk: 50


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

๐Ÿ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

๐Ÿท๏ธ

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"