✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Genesis 10

10:1
En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet -- vir hulle is daar seuns gebore n die vloed.
10:2
Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
10:3
En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Tog rma.
10:4
En die seuns van Jawan was: ElΒ‘sa en Tarsis, die KittiΓ«rs en Dodaniete --
10:5
uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
10:6
En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaβ€žn.
10:7
En die seuns van Kus was: Seba en H wila en Sabta en Ra,ma en S btega. En die seuns van Ra,ma: Skeba en Dedan.
10:8
Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.
10:9
Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sΓͺ hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.
10:10
En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land SΒ‘near.
10:11
Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninev, en R,hobot-Ir en Kalag
10:12
en Resen, tussen Ninev, en Kalag -- dit is die groot stad.
10:13
En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete
10:14
en die Patrusiete en Kasluhiete -- waaruit die Filistyne voortgekom het -- en Kaftoriete.
10:15
En Kanaβ€žn was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
10:16
en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete
10:17
en die Hewiete en Arkiete en Siniete
10:18
en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaβ€žniete hulle versprei.
10:19
En die gebied van die Kanaβ€žniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Seboim tot by Lesa.
10:20
Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
10:21
En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.
10:22
Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.
10:23
En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.
10:24
En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
10:25
En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
10:26
En Joktan was die vader van Almodad en Selef en Hasarm wet en Jerag
10:27
en Hadoram en Usal en Dikla
10:28
en Obal en AbΒ‘mael en Skeba
10:29
en Ofir en H wila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
10:30
En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.
10:31
Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
10:32
Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel n die vloed.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Genesis

Hoofstukke: 50

Verse in hierdie hoofstuk: 32


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"