✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Genesis 9

9:1
En God het Noag en sy seuns geseΓ«nen aan hulle gesΓͺ: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
9:2
Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voΓ«ls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.
9:3
Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
9:4
Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
9:5
Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
9:6
Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
9:7
Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.
9:8
Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesΓͺ:
9:9
Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag n julle,
9:10
en met al die lewende wesens wat by julle is: die voΓ«ls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle -- al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.
9:11
En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
9:12
En God het gesΓͺ: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:
9:13
my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
9:14
As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,
9:15
dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
9:16
As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
9:17
En God het vir Noag gesΓͺ: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.
9:18
En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaβ€žn.
9:19
Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
9:20
En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant.
9:21
Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelΓͺ.
9:22
En Gam, die vader van Kanaβ€žn, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
9:23
Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.
9:24
Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,
9:25
sΓͺ hy: Vervloek is Kanaβ€žn! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
9:26
Verder het hy gesΓͺ: GeseΓ«nd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaβ€žn moet sy dienskneg wees.
9:27
Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar KanaΓ€n moet sy dienskneg wees.
9:28
En Noag het n die vloed drie honderd en vyftig jaar gelewe.
9:29
So was dan al die dae van Noag nege honderd en vyftig jaar, en hy het gesterwe.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Genesis

Hoofstukke: 50

Verse in hierdie hoofstuk: 29


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"