N hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesΓͺ: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.
15:2
Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damask,ner EliΓ«ser is?
15:3
Verder het Abram gesΓͺ: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
15:4
Toe kom die woord van die HERE tot hom en sΓͺ: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
15:5
Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sΓͺ vir hom: So sal jou nageslag wees.
15:6
En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
15:7
Verder het Hy vir hom gesΓͺ: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die ChaldeΓ«rs om jou hierdie land in besit te gee.
15:8
En hy sΓͺ: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
15:9
En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif.
15:10
En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelΓͺ; maar die voΓ«ls het hy nie verdeel nie.
15:11
Toe kom daar roofvoΓ«ls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.
15:12
En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.
15:13
Daarop sΓͺ Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.
15:14
Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
15:15
Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
15:16
En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
15:17
En n sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen die stukke vleis deur.
15:18
Op die dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesΓͺ: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
15:19
die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
15:20
en Hetiete en Feresiete en RefaβΉete
15:21
en Amoriete en Kanaβniete en Girgasiete en Jebusiete.
π Bybelstatistieke
Totale Boeke: 65
Huidige Boek: Genesis
Hoofstukke: 50
Verse in hierdie hoofstuk: 21
1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.