✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Genesis 16

16:1
Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.
16:2
En Sarai het vir Abram gesΓͺ: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.
16:3
Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin -- nadat Abram tien jaar in die land Kanaβ€žn gewoon het -- en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.
16:4
En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oΓ« geword.
16:5
En Sarai sΓͺ vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oΓ« geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.
16:6
En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand -- doen met haar soos dit goed is in jou oΓ«. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
16:7
En die Engel van die HERE het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
16:8
en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.
16:9
Toe sΓͺ die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
16:10
Verder sΓͺ die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweΓ« die menigte nie getel kan word nie.
16:11
Ook sΓͺ die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
16:12
En hy sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.
16:13
Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesΓͺ: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
16:14
Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roβ€Ή. Dit lΓͺ daar tussen Kades en Bered.
16:15
En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.
16:16
En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Genesis

Hoofstukke: 50

Verse in hierdie hoofstuk: 16


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"